Die ATKV-tak Kakamas Oesaffees

Die ATKV-tak Kakamas in samewerking met die NG Kerk Kakamas bied aan ‘n Oesaffees Saterdag 10 Maart 2018 by Hoërskool Martin Oosthuizen sportgronde.

BYEENKOMSREëLS EN INLIGTING:

  • 30km- en 15km fietsry begin 06:00; 21.1km-, 10km- en 5km draf begin 06:05 en stap daarna.
  • Registrasie begin 05:30 by HMO-sportgronde.
  • Waterpunte op die volgende merke: 2.5km, 5km, 7.5km en 10.55km.
  • Roetes begin en eindig by HMO-sportgronde.
  • Wenners, naaswenners en derde-plekke ontvang spesiale medaljes per geslag vir 21.1km- en 10km-pretdraf asook vir 15km- en 30km-fietstrap.
  • Posisies word bekend gemaak om 12:45 tydens die ATKV se uitvoerende hoof se praatjie.
  • Afstandbordjies word op elke kilometer aangebring.
  • Die wedloop is oop vir alle gelisensieërde en ongelisensieërde atlete.
  • Inskrywingsfooie kan betaal word: FNB; ATKV Tak Kakamas; tjekrek. 62745658784; tak 230104; verw. Naam en Van
  • Inskrywings kan gedoen word op www.upingtoncrusaders.co.za en sluit op Donderdag, 8 Maart 2018. Laat inskrywings sal Saterdagoggend aanvaar word.